met sy tradisionele sake wat afneem, spits Telkom, die telekommunikasievoorsiener, hom toe op nuwe inkomstestrome, soos selfone, data en die Internet van Dinge, sê sy uitvoerende hoof, Sipho Maseko.
Groepinkomste vir die jaar tot einde Maart was bykans onveranderd, met 47,2%-groei in selfoondiens- inkomste tot R5,15 miljard wat ’n gedeelte van die 4,7%-afname in vastediensinkomste neutraliseer.
Vooruitsig: Telkom het in Mei verlede jaar ’n plafon op 8 580 sent per aandeel bereik en toe teruggesak. Afwaartse momentum het op 4 160 sent per aandeel vasgeskop, en herstel het gelei tot ’n uitbreking van die beertendens. Die groep het ’n afname van 18,4% in wesensverdienste per aandeel vir die jaar tot einde Maart getoon.
In die grafieke: Telkom ondervind tans weerstand by 5 825 sent per aandeel en sal dié vlak…
