tiger Brands se aandeelprys “het nog ’n lang afwaartse pad”, sê Rob Pietropaolo, privatekliënthandelaar by Unum Capital.
In Mei het die groep sy resultate vir die ses maande tot 31 Maart bekend gemaak – sy eerste resultate ná die nuus dat die uitbreek van listeriose in Suid-Afrika gekoppel kan word aan ’n stam wat gevind is in aanlegte wat Enterprise Foods, een van sy filiale, besit.
Met sy aandeelprys wat in Januarie tot ’n hoogtepunt van R474,50 gestyg het, verhandel hy tans teen ongeveer R335 per aandeel. Sy markkapitalisasie het sedert Januarie met R27 miljard tot ongeveer R64 miljard met die skryf hiervan gedaal, sê Wayne McCurrie, senior portefeuljebestuurder by Ashburton Investments.
Tot op datum, het Tiger Brands 4 000 ton toegevoegdewaarde- vleisprodukte (Vamp) teruggeroep en vernietig, wat die maatskappy…
