“die manier waarop ons ons innerlike wêreld navigeer – ons gewone gedagtes, emosies en eie verhale – is die enkele belangrikste bepaler van ons lewensukses. Dit dryf ons optrede aan, ons loopbane, verhoudinge, geluk, gesondheid; alles.”
Dit is volgens dr. Susan David in haar boek Emotional Agility: Get Unstuck, Embrace Change, and Thrive in Work and Life, wat aangebied is deur Sarah Babb, ’n leierskapontwikkelingspesialis, by USB Executive Development (USB-ED) en finweek se onlangse We Read For Youbyeenkoms in Bellville.
David, ’n bekende sielkundige en kenner op die gebied van emosies, geluk en sukses, gebruik haar meer as 20 jaar ervaring om te wys dat diegene wat emosioneel rats is, die vermoë het om situasies en hul eie gevoelens te verstaan, en hierdie kennis gebruik om aan te pas en…
