Onthou gerus dat nadat die mynboureg verval het, al die bemagtiging oorgedoen moet word, onder meer om bemagtigingaandeelhouers weer by ’n belang van 30% “Ons meen dat Suid-Afrikaanse mynbou se internasionale mededingendheid voorop moet staan, maar transformasie wat deur ware oordrag van ekonomiese waarde gekenmerk word, is belangrik vir die volhoubaarheid van die bedryf.” by die skryf hiervan is ’n konferensie, waarby die regering, die mynboubedryf, verteenwoordig deur die Mineraalraad, en ander belanghebbendes, soos vakbonde betrokke is, belê om die naweek van 7 en 8 Julie plaas te vind – rusdae wat die ANC graag vir sy beleidspartytjies en so meer opkommandeer.
Of die konferensie aan die verwagtinge sal voldoen, is egter ’n vraag. Volgens Gwede Mantashe, minister van mynbou, is die doel om probleme rondom ’n dokument uit te…
