black se aanvanklike video-op-aanvraagaanbieding sluit in tot 5 000 rolprente, reekse, musiek en dokumentêre programme teen R10 per dag of R39 per maand. Flexi Premium sal R39 per dag kos of R99 per maand.
Televisiereekse wat beskikbaar is, sluit in Mary Kills People, Catastrophe, Power, High Rollers, Generations, Skeem Saam, Uzalo en Survivor’s Remorse.
Cell C se uitvoerende hoof Jose dos Santos sê black onderhandel tans met Suid-Afrikaanse produksiemaatskappye om plaaslike inhoud aan die Suid- Afrikaanse publiek te verskaf en ’n platform te bied vir plaaslike talent om hulle werk uit te stal.
Kliënte kry toegang tot 60 intydse TV-kanale, wat onder meer musiek-, nuus-, reis en lewenstyl-, fliek- en kinderinhoud insluit. Toegang hiertoe kos R189 per maand, of ’n 18 kanaal-aanbod wat R69 per maand kos.
Daarbenewens bied black…
