Bedryf: Inligtingstegnologie
ADAPT IT
Adapt IT, ’n verskaffer van sakeoplossings, was die laaste paar jaar op ’n inkopietog om nisprogrammatuurmaatskappye by sy basis te voeg. In dié proses het die maatskappy, wat oplossings op onder meer die platforms Oracle, SAP en Microsoft ontwikkel, sy omvang uitgebrei om kliënte in die mynbou-, onderwys-, vervaardiging-, energie- en finansiëledienste-sektore in te sluit. Onder die maatskappy se kliënte tel Tiger Brands, FNB, die Universiteit van Johannesburg en Shell. Adapt IT se inkomste het in die jaar tot Junie met 42% tot R578 miljoen en die verdienste per aandeel met 35% tot 46,5 sent per aandeel gestyg.
“Hy vaar verstommend goed,” sê Irnest Kaplan, besturende direkteur van Kaplan Equity Analysts. “Al sy groeimaatstawwe lyk goed.”
Vergeleke met EOH, nog ’n ITmaatskappy wat sy omvang vergroot…
