Kontak Finweek by Kingsway 69, Auckland Park, Johannesburg 2092, (011) 713-9601 (tel) of terugvoer@finweek.co.za
Lesers se menings word na goeddunke deur Finweek geredigeer en gepubliseer. Hierdie menings weerspieël nie noodwendig dié van die uitgewer nie.
STUUR U FINANSIËLE VRAE AAN ONS BY TERUGVOER@FINWEEK.CO.ZA
TOEVALLIGE SIMBOLIEK
ANNELI GROENEWALD, ADJUNKREDAKTEUR VAN FINWEEK, SKRYF:
Die toestand van ons nasionale rugbyspan kan geensins beskou word as ’n maatstaf vir hoe gesond die Suid-Afrikaanse ekonomie (of selfs demokrasie) is nie. Tog gee die toeval ons soms ’n geleentheid om ’n klompie teoretiese verbande te trek.
Twintig jaar gelede het Suid-Afrika pas ’n nuwe blaadjie omgeslaan. Die land was ’n jong demokrasie en was, met sy taamlik vreedsame oorgang pas agter die rug, die wêreld se liefling.
Boonop wen ons toe die wêreldbeker in rugby, en…
