ons hoor so dikwels dat ons nie genoeg spaar nie, slegte finansiële besluite neem, te veel leen, nie ons spaargeld bewaar wanneer ons van werk verander nie, weens vrees of gierigheid op die verkeerde tyd beleggings verander, of met alles van ons gholfstokke en juweliersware tot ons eie lewe onderverseker is, dat ons dit begin glo. Dié boodskappe, wat bedoel is om ons bang te maak om gevolglik beter finansiële gewoontes aan te kweek, maak ons uiteindelik uit vrees onaktief. Die skrikwekkende take om ’n hele werksleeftyd te spaar, konsekwent goeie beleggingsbesluite te neem, en die slaggate van ons eie menslike gedrag te vermy, saam met die ingewortelde besef dat ons eintlik baie sleg is met dié goed, maak dat baie van ons heeltemal opgee nog voordat ons begin.
Weens…
