Randgold het nooit ’n enkele bate afgeskryf nie. Hy het selde netto skuld gehad en het nooit aandele uitgereik om homself te finansier of om bates te koop nie. dis ironies dat Mark Bristow, Randgold Resources se uitvoerende hoof, soveel bewondering het vir voormalige leiers van mynkonglomerate soos Graham Boustred, voormalige ondervoorsitter van Anglo American. “Hy was die soort leier oor wie daar geen twyfel was dat besluite geneem sou word nie, ’n harde sakeman,” het Bristow tydens ’n onlangse mediamiddagete gesê.
Dit is omtrent waar die ooreenkomste tussen Boustred en Bristow eindig.
Terwyl Anglo onder Boustred ’n uitgestrekte sakeryk was, is Bristow se Randgold Resources ’n spesialismaatskappy, en dit word bestuur soos ’n familiebesigheid, met een oog altyd op die geldlaai. Bristow se persoonlike rykdom is ten nouste verbind…
