met finweek se aankoms by Adapt IT se enorme nuwe kantoorgebou in Midrand om ’n onderhoud met die uitvoerende hoof, Sbu Shabalala, te voer, vind ons hom met die finansiële hoof Nombali Mbambo en kommersiële direkteur, Tiffany Dunsdon, aan sy sy.
“Ek glo die rede waarom jy met my wil praat, is oor die maatskappy,” sê hy. “Adapt IT gaan nie oor my nie, dit gaan oor die span.”
Dunsdon het die kommersiële direkteur geword ná die samesmelting van InfoWave Holdings en Adapt IT in 2007, en Mbambo is in 2016 as finansiëke hoof aangestel.
As gevolg van die konsolidasie, vroeër vanjaar, van agt kantore in een hoofkantoor in Midrand, woon Shabalala en sy bestuurspan nou almal in Johannesburg. Die verhuising na Johannesburg vanaf sy en Adapt IT se tuiste…
