sedert Jacob Zuma se termyn as president beëindig is, is sy nalatingskapsprojek van radikale ekonomiese transformasie (RET) deur sy opvolger, Cyril Ramaphosa, afgewater.
Ramaphosa het, sedert hy die presidentskap by Zuma in Februarie vanjaar oorgeneem het, skaars verwys na die beleid van RET. Dit is nog te vroeg om RET as dood te verklaar, maar sy toekoms lyk maar sleg. Tydens die Zuma-jare is RET beskou as die naam vir die grootskaalse plunder van ondernemings in staatsbesit. Die Gupta-familie, die sakevennote van sy seun Duduzane, is geïmpliseer by die stroping van ondernemings in staatsbesit, staatsdepartemente en munisipaliteite – ’n hartseer deel van Suid-Afrika se geskiedenis wat nou bekend staan as “staatskaping”.
In die aanloop tot die ANC se verkiesingskonferensie in Desember verlede jaar, het die ondersteuners van RET Zuma se…
