suid-Afrika se vierde grootste ope mediese fonds, Bestmed Medical Scheme, het ’n gemiddelde bydraeverhoging van 8,9% vir 2019 by sy produkuitreikinggeleenthede, wat in al die groot streke gehou is, bekend gemaak.
Bestmed is aangewys as een van die top-drie-fondse in die bedryf in die gesaghebbende Ask Afrika Orange Index-opname, die grootste verwysde kliëntbevredigingsmaatstaf-opname wat plaaslik gedoen word.
Pieter van Zyl, waarnemende uitvoerende hoof van Bestmed, verduidelik dat dié jaar se toename van 8,9% vergelyk met die huidige mediese-inflasie-korridor, terwyl vier van die fonds se produkaanbiedings onlangs genoem is as die “beste” in die mark, volgens die resultate van die Grant Thornton Capital Survey. “Ons het die afgelope jaar weer beduidende kostestygings in die mediese bedryf beleef, wat lede uitermate erg geraak het, terwyl dit druk op die hele bedryf geplaas…
