As mens dus “verdubbeling” sê, wat eintlik gebeur is dat ’n rekenaarmodel, wat as ’n 3D diagram van die myn vertoon kan word, geskep word en die prestasie van sy onderliggende bestanddele toon. ian Cockerill, voormalige uitvoerende hoof van Gold Fields, was tydens ’n onlangse mynboukonferensie hewig krities oor die Suid-Afrikaanse mynboubedryf se huiwerigheid oor die jare heen om nuwe tegnologie te gebruik. Die bedryf het te lank sy werk “in die duister” gedoen, eers ’n maand later die resultate van sy pogings gesien en kon dus op baie probleme nie reageer nie.
Die bedryf was ’n “dinosourus”, het hy gesê.
Hewiger kritiek kan daar nie wees nie.
Maar, om regverdig teenoor ons mynbedryf te wees, onthou dat heelwat van sy goud-en deel van sy platinummynbou diep onder die grond…
