Kunsmatige intelligensie (KI) is nou oral die modewoord, en die finansiële bedryf is geen uitsondering nie. Masjiene kan binne ’n kwessie van minute die volle geskiedenis van ’n maatskappy ondersoek, tesame met ander in die bedryf, die land en die wêreld, en terselfdertyd twiets, aandelebeursaankondigings, nuusberigte en ander inligting, ontleed.
Masjiene kan dalk nie op heeltemal onverwagte gebeurtenisse reageer nie, maar ’n batebestuurder kan KI gebruik om beleggingsbesluite te neem wat verbeterde opbrengste sal lewer, terwyl ’n onafhanklike finansiële raadgewer individuele kliënte meer geskikte advies kan gee.
Alhoewel die aanvaarding tot dusver relatief stadig was, het dit begin. Institutional Investor Alpha se jaarlikse lys van die hoogs verdienende skansfondsbestuurders toon dat die meeste van die toptien reeds KI in hul beleggingsprosesse insluit, terwyl ’n onlangse opname van internasionale eerstevlakbanke aan…