Idees, en die mense wat met hulle na vore kom, vorm ons toekoms. In dié finale uitgawe van 2018 kyk ons na vyf jong ekonome, en hulle idees aan die voorpunt van hul veld, wat ons lewens sal vorm, bewustelik of andersins, in 2019 en daarna.
Een van die grootste kwelvrae wat sosiaalwetenskaplikes mee worstel is hoe om ’n gemeenskap te bou waar elkeen ’n gelyke geleentheid het om bo uit te kom. Ongelykheid opsigself is nie onregverdig nie: ons almal weet dat uitsonderlike vaardighede soos dié wat die sokkerster Lionel Messi of die Tesla-stigter Elon Musk het, beter beloon moet word. Maar wat ons as onregverdig beskou is wanneer iemand met dié vaardigheid of vermoë nie, om watter rede ook al, hul potensiaal kan bereik nie.
In Amerika, soos…
