in die tweede helfte van 2018 het Pole, voorheen een van die Sowjetbloklande, die status van ontwikkelde land verwerf.Toe die Suid-Afrikaanse genoteerde eiendomsektor ’n klompie jare gelede hier begin investeer het, was Pole egter nog ’n ontluikende mark.
Nogtans het groeimoontlikhede gewink, veral as jou eie land min daarvan bied. Ook is risiko ’n relatiewe begrip as jy van ’n ontluikende mark afkomstig is.
Waar beleggers uit die EersteWêreld ietwat negatief was teenoor beleggings in Sentraaloos-Europa en dié lande as hoë risiko en politiek onbestendig beskou het, het Suid-Afrikaanse beleggers ’n teenoorgestelde siening gehad.
“As ’n ontluikende mark is hoë risiko en politieke onbestendigheid deel van ons DNS,” het Norbert Sasse, uitvoerende groephoof van Growthpoint Properties, die grootste en mees likiede eiendomsbeleggingstrust (reit) in Suid-Afrika, verlede jaartydens ’n JSE-geleentheid oor…
