wanneer leiers sonder kennis van die ekonomie ’n land probeer bestuur, kan hulle maklik foute maak.
In afgelope weke het betogers die strate van Kartoem en Omdoerman ingevaar om te betoog teen Soedan se president Omar al-Basjir se opheffing van subsidies wat brood en brandstof lank bekostigbaar gehou het.
Nou gebeur dit in Zimbabwe. Voordat hy na Rusland vertrek het, het president Emmerson Mnangagwa die petrolprys verdubbel. Reeds verarmde Zimbabwiërs het die strate van die hoofstad, Harare, sowel as Bulawayo en ander stede en dorpe, ingevaar. Hulle het paaie met bande, bome en rotse versper, busse gestop, die polisie aangeval, traangas na sekuriteitsbeamptes teruggegooi en gewoon amok gemaak.
Minstens vyf mense is dood. Vlugte na Harare is gekanselleer en die regering het die internet gesluit.
Mnangagwa se rede virdie prysverhoging…
