chris Griffith, uitvoerende hoof van Anglo American Platinum (Amplats), meen dit is heeltemal moontlik dat die platinumgroepmetaalsektor (PGM-sektor) sy houding kan verander deur strategieë aan te neem om die vraag, in plaas van produksie, te verhoog.
Vir’n uitvoerende hoof wie se kernvaardighede mynbou ingenieurswese is, is die idee van selfbeheersing wanneer dit kom by gate grawe, merkwaardig. Dit klink soos dromery.
“Ek dink nie dit is dromery nie,” sê hy. “Ons het in vorige pogings deurdie Platinum Guild International (PGI) getoon dat bemarking werk,” sê hy, met verwysing na die 1,5 miljoen onse per jaar in platinumjuweliersware wat die vereniging in die verlede gegenereer het.
“Die PGI se sukses is ’n positiewe langtermynverhaal, en ons moet meer belê,” sê Griffith. “Ons kan eenvoudig nie toelaat dat die juweliersmark in China…
