Die daling in die prys van uitvoersteenkool, tans $68 per ton teenoor sowat $100 per ton aan die einde van verlede jaar, kon nie op ’n slegter tyd gekom het nie vir Minergy, ’n steenkoolontwikkelingsmaatskappy wat op Botswana se aandelebeurs genoteer is.
Sy uitvoerende hoof, Andre Bojé, voorheen uitvoerende hoof van Wescoal Holdings, het gevolglik voorlopig ’n projek opgeskort om Masame, die maatskappy se eiendom in Botswana, uit te brei. Dieprojekvoorstelwasomeers’nmynvan 1,2 miljoen ton per jaar op te rig wat streeksmarkte voorsien, onder meer Suid-Afrika, en dit byna onmiddellik met nog ’n miljoen ton uit te brei vir verkope aan uitvoergerigte handelaars.
Volgens Bojé sal die maatskappy dit nie oorweeg om Masama uit te brei voordat die uitvoerprys nie op sowat $80 per ton terug is nie.
Mense was taamlik…