“ekonomiese groei hou wêreldwyd aan om te verswak en momentum bly broos,” sê David Malpass, president van dieWêreldbank-groep, in die Junie-publikasie oor wêreld-ekonomiese vooruitsigte. “Afwaartse risiko’s vir groei oorheers, soos handelsversperrings, opbou van staatskuld en ’n erger as verwagte verlangsaming in verskeie groot ekonomieë.”
Die afgelope maande het talle waarnemers die bogenoemde faktore gebruik om aan te voer dat ’n wêreldresessie moontlik dreig. Maar terwyl die Wêreldbank sy vooruitskouing vir wêreldgroei vanjaar met 0,3 persentasiepunte tot 2,6% afgegradeer het, verwag die bank tog groei sal geleidelik weer klim tot 2,8% in 2021.
Adrian Cooper, uitvoerende hoof van Oxford Economics, verwag ook nie ’n resessie nie. By ’n onlangse geleentheid in Johannesburg, het hy daarop gewys dat ons tans ’n “taamlik beskeie” verlangsaming in wêreldwye BBP-groei sien, wat nie naby die…
