Wat sê die fondsbestuurder?
Die beleggingsomgewing was nie die laaste paar jaar maklik nie, en baie groot fondse se bates onder bestuur het gekrimp. Tog was die vyfjarige BlueAlpha BCI Equity Fund, wat relatief klein is vergeleke met van sy eweknieë, se opbrengs in vanjaar se eerste kwartaal 8,5%. Hy het ook 6 persentasiepunte beter as sy maatstaf presteer (die JSE se Swix-indeks en MSCI-indeks van alle lande).
Die fonds het ’n aandeelgerigte portefeulje wat in buitelandse sekuriteite, voorkeuraandele, genoteerde en geldinstrumente, eiendomsaandele en eiendomsverwante instrumente mag belê. Die portefeulje mag ook in ongenoteerde instrumente, soos vooruitvaluta-, rentekoers-en wisselkoersruiltransaksies, belê.
Sy kernoogmerk is om op lang termyn hoë opbrengs vir beleggers te behaal deur konsekwent beter as sy maatstaf te vaar, en om ’n ranglysposisie in die boonste sektorkwartiel te…