or die jare heen het items soos formulemelk vir babas, gesigrome, skeerprodukte, medikasie en seksuele welstandsprodukte toenemend van supermarkte se rakke af verdwyn om agter sigarettoonbanke weggesteek te word. Kleinhandelaars het dié items as hoërisiko-items begin beskou, omdat dit gewonlik die meeste gesteel word. Naas hul hoë aankoopkoste gaan hulle gevolglik met enorme krimpingskoste gepaard – dit is volgens Quattro Management Systems, ’n maatskappy vir kleinhandeloplossings wat in 2015 tot stand gekom het en in Kaapstad gebaseer is.
“Die oomblik wat jy die handelsware uit die winkelgange haal, gebeur twee dinge. Die eerste is dat die personeel, soos ons begin besef het, aanhou om die goed te steel. Die tweede, wat ’n groter bron van kommer is, is dat verbruikers dit nie meer sien nie. Hulle kan dit daarom nie…
