“Die handelsoorlog se uitwerking op Top 40-aandele is uit die oogpunt van fondse en markpryswisselvalligheid potensieel beduidend,” sê Kwaku Koranteng, hoof vir institusionele sake van Absa Multi Management.
Suid-Afrika is ’n belangrike hulpbronuitvoerder, en China se ekonomie groei maak saak, sê hy. Dié land se ekonomiese groei het in die tweede kwartaal van vanjaar tot 6,2% geannualiseerd verlangsaam. Dis die laagste groeikoers in meer as 27 jaar, volgens die Hongkongse koerant South China Morning Post.
Suid-Afrikaanse goedere ter waarde van R92,1 miljard, of 10,8% van alle uitvoer, het in die eerste agt maande van vanjaar na China gegaan, volgens handelstatistieke van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Daarteenoor is Chinese goedere ter waarde van R155,5 miljard, of 18,3% van alle invoer, na Suid-Afrika versend. Suid-Afrika het verlede jaar R113,3 miljard se goedere na…
