ja, nè Ons vergeet so gou. En so maklik.
Ons vergeet om pakke kerse te koop. Ons vergeet ons moet ons fone te alle tye gelaai hou, want, jy weet. . . Ons vergeet die verkeer kan geraak word. Ons vergeet om gereeld die bêre-knoppie op die rekenaarskerm te druk sodat ons nie werkverlooras die krag afgaan en die maatskappy se kragopwekker net effens te lank vat om in te skop nie. (Party ondernemings vergeet om hul kragopwekkers met diesel op te vul.)
Wanneer als goed gaan, vergeet ons hoe broos Suid-Afrika se kragvoorsiening is.
Dan, skielik, sowat twee weke voor Moody’s InvestorServices sy volgende oorsig oor Suid-Afrika se soewereine skuld moet gee, is die krag weer af. (Moody’s is die enigste graderingsagentskap wat Suid-Afrika se skuld nog op beleggingsgraad…
