1. Verminder skuld, of betaal dit af
Die besluit oor die gebruik van jou Kersbonus is persoonlik, sê Gregg Sneddon, stigter van The Financial Coach, wat omvattende finansiële beplanningsdienste aan kliënte bied. Verbruikers kan hul Kersbonus bestee, spaar of weggee.
“Gebruik ten minste 15% van jou bonus vir langtermynbesparing, gee sê maar 10% weg, en bestee 75%. Maar dit verskil van persoon tot persoon,” sê Sneddon.
As jy skuld het, moet jy eers probeer om dit af te betaal, sê hy, want dit sal jou help om nie meer skuld te maak nie, veral met die rentekoerse wat styg.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het rentekoerse middel November met 0,25 persentasiepunte verhoog, en ’n verdere styging van 0,25 persentasiepunte word volgende jaar verwag, volgens finansiëledienstegroep MMI Holdings.
Warren Ingram, Galileo Capital se…
