anheuser-Busch InBev (AB Inbev) se samesmelting met SABMiller sal die geledere van die JSE se grootste maatskappye verander. AB Inbev, wat beplan om vandeesmaand voor die afhandeling van die samesmelting op die JSE te noteer, sal Suid-Afrika se grootste aandeel word, die JSE se waarde vergroot en aan Suid-Afrikaanse beleggers die geleentheid bied om in een van die wêreld se grootste verbruikersmaatskappye te belê. Al vyf die JSE se grootste maatskappye volgens markkapitalisasie, AB Inbev, British American Tobacco (BAT), BHP Billiton, Naspers en Compagnie Financière Richemont SA (Richemont), bied internasionale blootstelling, en ontleders meen dat almal teen huidige pryse steeds gekoop kan word.
1 ANHEUSER-BUSCH INBEV
Markkapitalisasie: €177,23 miljard (Brussel), gelykstaande met R3 170 miljard
P/V: 20,27
Dividendopbrengskoers: 3,27%
Verreweg die beduidendste geleentheid op die JSE se kalender vir vanjaar…
