vir ’n algehele buitestander sou dit lyk asof die ANC se 104de verjaarsdagvieringe in Phokeng, tuiste van die Bafokeng-stam, ’n geslaagde saamtrek was.
Die Royal Bafokeng Sports Palace, wat sowat 44 000 mense huisves, was minstens 90% vol toe pres. Jacob Zuma omstreeks halftwaalf met sy gevolg die stadium binnery, uit sy presidensiële voertuig klim en onder dawerende toejuiging ’n sege-ronde om die atletiekbaan stap om die skare te groet.
Toe hy meer as ’n uur later die jaarlikse 8 Januarie-verklaring van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) begin voorlees, was die paviljoene heelwat leër, maar dit kan aan die versengende hitte toegeskryf word.
Die skare was rumoerig en vir groot gedeeltes van die toespraak was Zuma bykans onhoorbaar, ondanks die enorme luidsprekerstelsel. Maar by tye kon mens die…
