globale markte se aanvang tot die jaar was die swakste op rekord, met aandeelindekse in Japan en Europa wat met 10% geval het en die S&P 500 wat binne die eerste twee weke van Januarie met 8,8% teruggesak het.
Met te perse gaan, was die JSE se Indeks vir Alle Aandele, in randwaarde, byna 14% laer as die April 2015-hoogtepunt van 55 188.34, volgens INET BFA-data.
In dollarterme het die plaaslike mark selfs swakker gevaar.
’n Jaar gelede was die rand op R11,60 teenoor die Amerikaanse dollar. Op 11 Januarie het dit, hoewel kortstondig, tydens laevolume-verhandeling in Asië vir die eerste keer deur R17,90 gebreek, voordat dit tot sowat R16,65 (met te perse gaan) herstel het. Dit is die beste metafoor vir Suid-Afrika se haglike ekonomiese toestand wat daar al…
