talle mense is van geboorte af middelklas, maar vir diegene wat in armoede gebore is, is dit ’n leeftyd se uitdaging om die middelstand te probeer bereik.
Die definisie van middelklasstatus is op sigself ’n uitdaging. Mense wat in armoede lewe, word dikwels beskryf as diegene wat op minder as $1,25 (ongeveer R20,00) per dag moet oorleef (teen 2005-waardes; $1,90 of R30,40 teen 2016-waardes). Maar dit impliseer nie dat die middelklas eenvoudig bokant dié drempel begin nie.
Dis maklik om die rykes te beskryf. Hulle het baie geld en baie besittings. Vanselfsprekend het hulle hul eie onderlinge range.
Insgelyks is daar verskillende kategorieë in die middelklas. In Amerika sal ’n jaarlikse inkomste van $25 309 (sowat R400 000) tot $144 996 (R2,3 miljoen) mense moontlik in die onderste tot boonste…
