vir baie lande in Afrika suid van die Sahara sal die ekonomiese toestande vanjaar moeilik bly, hoofsaaklik omdat hulle swaar op olie en ander kommoditeite steun, waarsku die graderingsagentskap Standard & Poor’s in ’n nuwe navorsingsverslag.
Lae olie- en ander kommoditeitspryse, saam met taamlik stadige groei in China, veroorsaak probleme, terwyl rentekoersverhogings in Amerika die finansiering van ontluikende markte vir internasionale beleggers minder aantreklik maak, sê S&P. Die moeilike klimaat maak dat baie mense die idee dat Afrika sal uitstyg – wat die laaste jare gesprekke oor die vooruitsigte vir die vasteland oorheers het – bevraagteken.
Sim Tshabalala, mede- uitvoerende hoof van Standard Bank, het onlangs op die Africa Outlook 2016-konferensie in Johannesburg gesê terwyl baie kommentators reeds die idee dat Afrika sal uitstyg, verwerp het, bevat die prentjie veel…
