MY ENIGSTE VRAAG IS: HOEKOM NEEM DIT SO LANK VIR DIE BBPSTATISTIEKE OM TE BEVESTIG DAT DAAR ’N RESESSIE IS?”
- Colen Garrow, ekonoom by Lefika Securities, in sy kommentaar op die Reserwebank se leidende aanwyser wat in November jaar-tot-jaar met 5% ingekrimp het. Die leidende aanwyser is belangrik omdat dit die verwagte groei in BBP met ongeveer drie tot vier kwartale voortuitloop. Die uitgerekte tydperk wat geannualiseerde groei afneem, is ’n duidelike aanduiding dat die ekonomie in ’n resessie is, het Garrow gesê.
“OM SUID-AFRIKA WEER KOERS TE GEE, HET ONS BETER PRYSE, BETER REËNVAL NODIG – EN DAT DIE REGERING IN DIE GEHEEL SAAMWERK, WAT NOG NIE GEBEUR NIE.”
- Sim Tshabalala, mede- uitvoerende hoof van Standard Bank, in ’n toespraak by die Africa Outlook 2016-konferensie in Johannesburg.…
