‘Iemand het selfs al aangebied om my naam op duisende boeregrafte te gaan graveer.’ Mnr. Rod Gravelet-Blondin, voormalige hoof van Safex, oor boere se reaksie op dié mark vir afgeleides in die vroeë dae. Bl. 12
‘Ek is voornemens om hierdie stryd enduit te baklei.’ Mnr. Ash Davenport, voormalige volstruisboer, wat sê Standard Bank het sy skuld aan ’n Taiwannese bank verkoop, maar hulle wil steeds sy plaas vat. Bl. 14
‘Die publiek is in die skuld.’ Mnr. Ernst Janovsky, hoof van Absa Agribesigheid, oor een van die oorsake dat boere nie meer geld leen om leefstylplase te koop nie. Bl. 16
‘Dit is byna soos ’n vuurpyl wat gelanseer is.’ Mnr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, oor groei van gesubsidieerde hoendervleisinvoer uit die EU na Suid-Afrika, ná…