NESSA, GP, SKRYF:
Manie, ek is ’n 31-jarige vrou met ’n dogtertjie van drie jaar. Ek was nog nooit getroud nie. Ek is ’n tuisteskepper, 1,68 m, 80 kg, het bruin oë en swart hare. Ek behoort tot die AGS.
Ek is dol oor kinders en hou van kampeer, die buitelewe, kosmaak en alles wat mooi en lekker is.
Eerlike, opregte mans, 30 tot 40, kan skryf met die oog op ’n ontmoeting. Rokers welkom, maar geen kansvatters nie, asb.
BOEREMEISIE, VS:
Sy is 25, onderwyseres, 1,72 m, 64 kg, het blougroen oë en blonde hare. Hou van stilte, skryf, die buitelewe, stap, musiek, braai, kosmaak en dans. Verlang spontane, eerlike, humoristiese mans, 26 tot 31, met integriteit.
PLAASMEISIE, VS:
24-jarige vrou, onderwyseres, 1,72 m, 63 kg, het groenbruin oë…