KOOP ONS HORINGS
Die eienaars van renosters het met ’n veldtog begin vir die wettiging van die handel in renosterhoring. Dit val saam met berigte dat me. Edna Molewa, Minister van Omgewingsake, wil begroot vir ’n amptelike aansoek aan die konvensie oor internasionale handel in bedreigde spesies (Cites). Volgens die webwerf van die RhinoAliveveldtog wil die Vereniging vir Private Renostereienaars (PROA) en Wildlife Ranching South Africa (WRSA) “geloofwaardige inligting” oor die internasionale renosterhandel versprei. Die webwerf bevat bydraes deur bekendes in die bedryf, soos mnr. Pelham Jones, voorsitter van die PROA, en mnr. Mavuso Msimang, Sanparke se voormalige uitvoerende hoof.
VSA, KUBA WERK SAAM
Mnr. Tom Vilsack, Amerika se minister van landbou, het verlede week ’n memorandum van verstandhouding met sy Kubaanse eweknie, mnr. Gustavo Rodriguez Rollero, onderteken wat die…