Internasionaal: Die prys van mielies het met 2,7%, oftewel $3,79/t (R59,39/t), tot $144,68/t (R2 267/t) gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 1,8%, oftewel $2,71/t (R42,47/t), laer. Verwagte pryse: Maart – $145,82/t (R2 285/t), Mei – $147,71/t (R2 315/t), Julie – $149,60/t (R2 344/t), September – $152,75/t (R2 394/t). Plaaslik: Die Safex-prys vir wit mielies het met 0,1%, oftewel R4/t, gestyg tot R4 774/t. Die prys van geel mielies het met 3,1%, oftewel R100/t, gestyg tot R3 325/t. Op ’n jaargrondslag is dit 76,8%, oftewel R2 074/t, hoër vir wit mielies, terwyl geel mielies 0,8%, oftewel R28/t, laer is as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
Internasionaal: Die gemiddelde prys van koring het met 1,9%, oftewel $3,15/t (R49,36/t), gestyg tot $172,73/t (R2 707/t). Op ’n jaargrondslag is dit 7,7%, oftewel $14,50/t…
