Mnr. Donald Trump, nuutverkose Amerikaanse president, maak geen geheim van sy minagting vir die teorie oor klimaatsverandering nie. Suid-Afrikaanse boere kan kwalik dié benadering navolg, sê mnr. Paul Harman, bedryfsbestuurder van die Sitruskwekersvereniging. Dit maak eenvoudig sin dat boere volhoubare boerderypraktyke beoefen – vir die omgewing én hul balansstaat. Boere het egter gesonde steunstrukture nodig om dit reg te kry, veral van die Regering.
In dié verband het die Suid-Afrikaanse Regering en bedryfsorganisasies weliswaar steun aan boere verskaf om hulle te help om volhoubaar te boer, beginnende in die Wes-Kaap. Dit sal hopelik met die verloop van tyd uitbrei na die res van die land.
Dié steun kom in die vorm van inisiatiewe, soos SmartAgri, die Greenagri-portaal, GreenCape se sektorelessenaar, FruitLook en ander projekte wat gegrond is op gemeenskapsgebaseerde aanpassing…