SKAAPSKEERKAMPIOEN
Mnr. Mayenzeke Shweni, ’n boorling van Sterkspruit in die Oos-Kaap, het die wêreldkampioenskap vir handskeer op die internasionale skaapskeeren-wolhanteringskompetisie in Southland, Nieu-Seeland, gewen. Hy was amper twee minute vinniger as die naaswenner. Hier ontvang hy sy trofee van mnr. Bill English, eerste minister van Nieu-Seeland. Mnr. Bongani Joel, Shweni se kollega (ook van Sterkspruit), was vierde. Suider-Afrika kraai sedert 1994 koning in die handskeerafdeling toe mnr. Elliot Ntsombo van Lesotho die eerste deelnemer uit Afrika was wat dit gewen het.
EU, SA PRAAT
Die Europese Unie steun die herstrukturering van die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf en dat die uitvoer van Suid-Afrikaanse pluimvee daarheen ondersoek word. Dít was die standpunt van dr. Marcus Cornaro, ambassadeur van die EU, op ’n vergadering oor handel met dr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid,…