INTERNASIONAAL: Die mielieprys het met 1,2%, of $1,73/t, tot $144,65/t (R1 942/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 1,6%, of $2,21/t (R29,68/t), hoër. Verwagte pryse: Maart – $147,08/t (R1 975/t), April – $150,07/t (R2 015/t), Mei – $152,59/t (R2 049/t), Julie – $154,87/t (R2 080/t).
PLAASLIK: Die Safex-prys van wit mielies het met 2%, tot R2 921/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies het met 2,4%, of R70/t, tot R2 881/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 40,8%, of R2 009/t, laer, terwyl geel mielies op ’n jaargrondslag 24,1%, of R916/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Maart – R2 853/t, April – R2 575/t, Mei – R2 210/t, Julie – R2 117/t. Verwagte geelmieliepryse: Maart – R2 831/t, April – R2 625/t,…