SLIMKOPPE
Dié groep doktorsgraadstudente en prof. Johan van Rooyen (middel), van die Universiteit Stellenbosch se departement landbou-ekonomie, het 22 ander universiteitspanne uitgestof in die internasionale voedsel- en landbou-sakebestuursvereniging se studente-gevallestudiekompetisie in Miami, Florida. Hulle moes met ’n kreatiewe en praktiese oplossing vir ’n komplekse landbou-gevallestudie in ’n opkomende mark vorendag kom. Van links is mnr. Johann Boonzaaier van die Universiteit Stellenbosch, me. Melissa van der Merwe van die Universiteit van Pretoria, Van Rooyen, mnre. Jan Swanepoel van die Universiteit van die Vrystaat en Heinrich Jantjies van die Universiteit Stellenbosch.
G’N ENT VIR VOËLGRIEP
Inenting teen voëlgriep is nie in die land se beste belang nie, sê mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye. Dit kan volgens kenners die virus moeilik bespeurbaar en dus mettertyd endemies maak, monitering bemoeilik…