EERBEWYS
Lucille Botha, assistentredakteur van Landbouweekblad, het Vrydagaand die 13de Izethelo-eerbewys vir landboujoernalistiek ontvang op die 42ste gala-aand van Hortgro, die produsente-organisasie vir die Suid-Afrikaanse sagtevrugtebedryf. Benewens haar werk as assistentredakteur en artikels oor verskillende bedryfsvertakkings heen behartig Lucille ook die beplanning van die gesinsblaaie en skryf sy artikels vir Landbou Boerekos. Lucille is vereer vir haar beriggewing oor sagtevrugte en wyn. Mnr. Dappie Smit, hoof van bedryfsdienste by Hortgro, het gesê Lucille se artikels toon dat sy die vrugtebedryf in sy volle diversiteit volg, en altyd ewewigtig en met goeie begrip daaroor berig. Artikels wat uitgesonder is, is “Geveerde bome soos goud vir vrugteboere” (LBW, 4 Augustus 2017), “Kampioene van die kultivarspel” (21 April 2017), “Inmaakboere se kele met stomp mes gesny” (30 Junie 2017) en “Kan SA koning…