INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 2,8%, of $3,77/t (R50,02/t), tot $138,37/t teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 3,9%, of $5,22/t (R69,26/t), hoër. Verwagte pryse: Okt. – $139,05/t (R1 845/t), Des. – $143,93/t (R1 910/t), Mrt. – $147,32/t (R1 955/t), Mei – $149,99/t (R1 990/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 2%, of R38/t, tot R1 823/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies het met 1,4%, of R27/t, tot R1 945/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 52,5%, of R2 017/t, laer, terwyl geel mielies 36,4%, of R1 115/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Okt. – R1 828/t, Des. – R1 890/t, Mrt. – R1 937/t, Mei – R1 975/t. Verwagte geelmieliepryse: Okt. – R1 942/t, Des. – R2 009/t, Mrt.…
