R15,8 miljard
Altesaam 28 Franse maatskappye het van Januarie 2013 tot September 2018 byna R16 miljard in Suid-Afrika belê. Dit maak Frankryk die dertiende grootste buitelandse belegger in die land. In dié tydperk is 32 projekte van stapel gestuur, wat 4 209 werkgeleenthede geskep het. Dr. Rob Davies, voormalige minister van handel en nywerheid, sê buiten motors, brandstowwe en lugvaartkomponente is Frankryk ook Suid-Afrika se grootste mark vir avokado’s. — Departement van handel en nywerheid
7,4%
Die relatief mak inflasiekoers van 4,4% vir April verskuil die feit dat die styging van 12% in brandstofpryse op ’n jaargrondslag bygedra het tot ’n 7,4%-styging in vervoerkoste. Dus kan 1,1 persentasiepunt van die algehele 4,4%-inflasiekoersstyging regstreeks aan vervoerkoste toegeskryf word. Pryse, wat deur die staat vasgestel word, het skerp toegeneem. Die verbruikersprysindeks vir…