‘ ’n Beduidende aantal polisielede (het) ’n groter belang by misdaad as die bestryding daarvan.’
DR. PIET CROUCAMP, politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit, oor die polisie se beperkte sukses met misdaadbestryding. Bl. 15
‘Dit is egter kwessies wat ons nie moet uitbuit nie, maar iets wat ons moet help regstel.’
DR. PIETER VERVOORT, voorsitter van die nasionale dieregesondheidsforum, oor kwessies met die aansoek vir die land se bek-en-klouseervrye status. Bl. 14
‘Die armoedevirus in Suid-Afrika is verreweg Afrikavarkpes se meerdere en voorloper.’
MNR. JOHANN KOTZÉ, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Varkprodusenteorganisasie. Bl. 20
‘Ons volg die uieringbeginsel. Begin van buite af en werk binnetoe.’
MNR. GARY MCKAY, uitvoerende hoof van Fidelity ADT, oor hoe ’n suksesvolle plaasveiligheidstrategie saamgestel word. Bl. 22
‘Wanneer ons geld oorbetaal, ‘eet’ die boere dit.’
ME.…