7 600 ha
Nagenoeg 7 600 ha kommunale grond rondom die Krugerwildtuin val nou onder bewaringsooreenkomste met Bewaring Suid-Afrika (CSA) nadat twee plaaslike boerderygemeenskappe hulle by CSA se program om die grasvelde in dié omgewing volhoubaar te bestuur, aangesluit het. Voorheen was 78 boere en 3 600 ha betrokke, maar nou is 167 boere betrokke. Die boere onderneem om rotasiebeweiding toe te pas, te help met monitering, om rommel te verminder en diere volgens wet te merk. – CSA
1,73%
Landbou-produktiwiteit met bestaande of minder insette moet jaarliks teen 1,73% groei om teen 2050 volhoubaar in voedselbehoeftes wêreldwyd te voorsien. Tans is die groeikoers 1,63%, luidens die 2019-produktiwiteits-verslag oor wêreldlandbou van Virginia Tech. Produktiwiteit groei sterk in China en Suid-Asië, maar verlangsaam in die sleutelgebiede Noord-Amerika, Europa en Latyns-Amerika. Produksie…