Suid-Afrika se mielie-uitvoer is mededingend vergeleke met vooraanstaande uitvoerlande, maar ’n produksiekoste-ontleding het gewys Suid-Afrika is minder mededingend as Argentinië, Brasilië, Amerika en die Oekraïne.
Navorsing deur mnr. Wandile Sihlobo van die landbousakekamer Agbiz, het Japan, Mexiko, Taiwan, die Verenigde Arabiese Emirate en Zimbabwe geïdentifiseer as aantreklike markte met ’n hoë potensiaal, wat Suid-Afrika behoort te prioritiseer om sy aandeel in uitvoer te verhoog. Verder het ’n indeks van mark-aantreklikheid, wat vir dié studie ontwerp is, aangedui Nigerië, Maleisië, Saoedi-Arabië, Mauritius, die Verenigde Arabiese Emirate, Taiwan, Iran, die Demokratiese Republiek van die Kongo en Jemen is die aantreklikste markte vir Suid-Afrikaanse mielie-uitvoer.
Sihlobo meen dit is ook nodig om ’n uitvoerstrategie vir die bedryf te ontwerp wat hierdie markte sou prioritiseer in ooreenstemming met sakebelange en om bestaande potensiaal te…