‘Hoewel La Niña gewoonlik met bonormale reënval gepaardgaan, is daardie verhouding nie linieêr nie.’
DR. CHRISTIEN ENGELBRECHT, senior weernavorser van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, oor weervooruitsigte die komende somer. Bl. 16
‘Dit is ’n belangrike oorwinning vir voedselveiligheid.’
MNR. IZAAK BREITENBACH, hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) se braaihoenderorganisasie, oor ’n beplande verbod op vae oorsprong-etikette op ingevoerde hoender. Bl. 18
‘Ongelukkig is daar baie min terugvoer van sommige ondersoekbeamptes.’
ME. SANDY LA MARQUE, uitvoerende hoof van Kwanalu, oor die polisie-ondersoeke na sabotasie op plase. Bl. 21
‘‘Die Suidwes-boek is die grootste bydraer tot die niepresterende lenings, hoofsaaklik weens aanhoudende droogtes, siekte-uitbrekings en swak landboutoestande in Noordwes.’
DIE LAND BANK, in ’n voorlegging aan aandeelhouers, oor sy skuldverknorsing. Bl. 14
‘Die katastrofale ekonomiese impak wat Amerika getref het, (gaan) waarskynlik ons…