INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,2%, of $1,77/t (R29,71/t), tot $147,49/t (R2 475/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 2,8%, of $4,31/t (R72,34/t), laer. Verwagte pryse: Desember – $149,36/t (R2 507/t), Maart – $153,14/t (R2 570/t), Mei – $155,19/t (R2 605/t), Julie – $156,76/t (R2 631/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 1,8%, of R62/t, tot R3 427/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 1,2%, of R39/t, tot R3 311/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 19,4%, of R557/t, duurder, terwyl geelmielies 19%, of R528/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Desember – R3 430/t, Maart – R3 385/t, Mei – R3 000/t, Julie – R2 947/t. Verwagte geelmieliepryse: Maart – R3 334/t, Mei – R3 020/t, Julie – R2 980/t.
INTERNASIONAAL:…