BONT BEMARKING
Die Suid-Afrikaanse wynbedryftransformasie-eenheid (Sawitu) het as deel van die #SaveSAWine-veldtog, wat opwinding rondom plaaslike wyn wil skep, kleurryke muurkuns in Kaapstad onthul. Dit was die inisiatief van me. Sarah Krone van die wynuitvoeronderneming Robinson & Sinclair, en is met die samewerking van die WWF se bewaringskampioene aangebied. Die muurkunswerk, deur die Kaapse kunstenaar Waynebks van Baz-Art, is op die voorkant van ’n gebou in Loopstraat aangebring – oorkant The Wine Shop. Volgens me. Wendy Petersen, bedryfsbestuurder van Sawitu, is wyn en kuns albei uitdrukkings van talentvolle vakmanskap.
PLAN VORDER
Teen einde Oktober het 836 van die 905 polisiekantore die landelike veiligheidstrategie in werking gestel, landelike veiligheidskoördineerders aangestel en landelike veiligheidskomitees gestig, het adj.pres. David Mabuza in antwoord op ’n parlementêre vraag gesê. Mabuza het hierdie inligting bekend gemaak…