$17 miljoen
Die Suid-Afrikaanse landboutegnologiemaatskappy Aerobotics het $17 miljoen (nagenoeg R258,6 miljoen) ingesamel in ’n geldinsamelingspoging om die besigheid se bedrywighede te konsolideer (’n sogenoemde reeks B-insameling). Die grootste bydrae is gelewer deur Naspers, die eienaar van Media24, wat ook Landbouweekblad besit. Ander deelnemers was ’n Johannesburgse beleggingsmaatskappy, ’n Nederlandse belegger en ’n Franse privaatkapitaalmaatskappy. – Aerobotics
16 jaar
Suid-Afrika se inflasiekoers het in 2020 tot die laagste vlak in 16 jaar gedaal vanweë die uitwerking van Covid-19 op verbruikersgedrag. Die gemiddelde jaarlikse verbruikersprysindeks was 3,3% – ver benede die middelpunt van die Reserwebank se inflasieteiken van 3% tot 6%. Die inflasiekoers was in Desember 2020 op ’n jaargrondslag 3,1%, teenoor 3,2% ’n maand vantevore. In Desember was petrol- en dieselpryse onderskeidelik 11,3% en 14,3% laer as ’n jaar vantevore.…