28 triljoen
Altesaam 28 triljoen ton pool-ys het van 1994 tot 2017 verlore gegaan, volgens ’n nuwe wêreldwye studie oor ysverlies wat van satellietdata gebruik gemaak het. Die studie, onder leiding van die Universiteit van Leeds in Brittanje, het bevind ysgebiede vergaan nou teen die ergste aardverwarmingscenario’s wat die interregeringpaneel oor klimaatsverandering voorspel. Die grootste verliese was in Antarktika en Groenland. In 2017 het die wêreld 1,3 triljoen ton ys verloor. – Bloomberg
1 in 12
Die vlak 3-inperking kan een in 12 werkgeleenthede in die land vernietig, volgens ’n ontleding deur mnre. Mike Schüssler en Phumlani Majozi, albei ekonomiese ontleders. Dié verhoogde maatreëls het ’n direkte impak op minstens sewe sektore: reis, toerisme, vermaak, ontspanning, vervaardiging, landbou en dienste. Gegewe hoeveel afhanklikes die gemiddelde werkende Suid-Afrikaner het, kan tot…